Krieket SA pos Joodse O-19 kaptein ‘in beste belang’

Krieket: Krieket Suid-Afrika het die Suid-Afrikaanse Onder-19-kaptein, David Teeger, van sy posisie onthef, en sê dit is in die beste belang van almal, insluitend die Joodse speler self. Volgens KSA is die besluit geneem om moontlike politieke konfrontasies te vermy tussen pro-Palestynse en pro-Israeliese versetoptrede tydens die komende Onder-19 Wêreldbekertoernooi vir Mans in Suid-Afrika. Krieket SA sal na verwagting binnekort ʼn nuwe kaptein vir die toernooi aankondig. Die 15de weergawe begin volgende Vrydag met 16 spanne wat altesaam 48 wedstryde sal speel.