Krieket SA kies sterk groep vir komende eendagreeks

Krieket Suid-Afrika het ʼn sterk groep van 16 spelers aangewys vir die komende Internasionale Eendagreeks van drie wedstryde teen Engeland, wat vanaf 27 Januarie in Bloemfontein en Kimberley gespeel word. Die veelsydige speler, Sisanda Magala keer terug na die nasionale groep asook die naat-bouler, Marco Jansen. Die nuut-aangestelde rooibal-afrigter, Shukri Conrad is in beheer van die reeks terwyl die Proteas kwalifiserende punte moet verdien vir vanjaar se Wêreldbeker. Die sameroeper van die keurders, Victor Mpitsang sê dit is ʼn belangrike reeks.