Krieket: Proteas se boulwerk kan verbeter  

Krieket: Die Proteas se afrigter, Rob Walter, beskryf die T20-reeks teen die Windies as ‘n moeilike een vir albei spanne se boulers. Die besoekers het Dinsdag hul toer op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die derde en beslissende wedstryd met sewe lopies te wen. Die Windies het 220 vir agt aangeteken voor Alzarri Joseph ‘n indrukwekkende vyf paaltjies geneem het om die Proteas tot 213 vir ses te beperk, ondanks Reeza Hendricks se 83 van slegs 44 balle. Walter gee toe daar is ruimte vir verbetering in die boul-afdeling.