Krieket: Proteas is in twee plek op punteleer

Die Proteas is in ‘n stewige posisie ná vyf wedstryde in die Wêreldbekertoernooi. Hulle beklee nou die tweede plek op die punteleer ná die gasheer, Indië – die enigste onoorwonne span. Quinton de Kock het gister ‘n skitterende 174 aangeteken in hul oorwinning van 149 lopies oor Bangladesj in Mumbai. Die Proteas het 382 vir vyf aangeteken voordat hulle Bangladesj uitgeboul het vir 233, ondanks Mahmudullah se honderdtal. Aiden Markram, wat as kaptein waargeneem het, sê hulle probeer om nou net op die onmiddellike te fokus: