Krieket: Neutrale velde oorweeg vir Indië en Pakistan

Krieket: Pakistan sal moontlik sy wedstryde in die eendag-Wêreldbekertoernooi in Bangladesj speel weens die gespanne politieke verhouding met die gasheerland, Indië. Samesprekings is tans aan die gang aangesien Indië sy wedstryde om die Asiëbeker, wat deur Pakistan aangebied word, moontlik ook in ʼn neutrale plek sal speel. Die Asiese Krieketraad het in beginsel ingestem om Indië toe te laat om neutrale velde te gebruik in lande soos die Verenigde Arabiese Emirate of Sri Lanka. Daardie oplossing kan dan ook in die Wêreldbeker toegepas word.