Krieket: Laura Wolvaardt is tussentydse Proteas-kaptein
Krieket: Laura Wolvaardt is as die tussentydse kaptein van die Protea-vrouespan aangewys. Die talentvolle top-orde kolwer sal die span lei in die komende toere teen Pakistan en Nieu-Seeland. Wolvaardt se aanstelling volg nadat Suné Luus onlangs haar rol as waarnemende kaptein prysgegee het, en die onderkaptein, Chloe Tryonon, wat nie beskikbaar is vir die reeks teen Pakistan nie. Die 24-jarige Wolvaardt is opgewonde oor haar nuwe rol.