Krieket: Indië en Australië spook sake in toetskampioenskap  

Krieket: Indië en Australië sal in Junie sake uitspook oor wie die kroon as toetskampioen sal dra nadat Nieu-Seeland Sri Lanka met twee paaltjies geklop het van die laaste bal van die eerste toets in Christchurch. Dit het Sri Lanka se hoop verydel om die eindstryd te haal. Indië het ook die reeks teen Australië 2-1 beklink toe die vierde toets in Ahmedabad onbeslis geëindig het. Die eindstryd van die toetskampioenskap sal op die Oval in Londen gespeel word. Indië het in 2021 teen Nieu-Seeland verloor in die eindstryd van die eerste uitgawe van die kampioenskap.