Krieket: IKR sê Indiese kolfblad is swak

Krieket: Die Internasionale Krieketraad het bevind die kolfblad in die derde toets tussen die gasheer, Indië, en Australië was swak. Die toets het op die derde oggend geëindig na lae tellings met die besoekers wat met nege paaltjies gewen het. Die draaibouler Nathan Lyon het elf Indiese paaltjies laat kantel. Die uitslag was Indië se eerste nederlaag na nege oorwinnings tuis. Die wedstryd-skeidsregter, Chris Broad, het in sy verslag aan die IKR gesê die kolfblad was baie droog, het nie gesorg vir ʼn regverdige stryd tussen bal en kolf nie, en het die draaiboulers deurgaans bevoordeel.