Krieket: Engeland tevrede met vierde As-toetsJuly 20, 2023

Krieket: Engeland is tevrede met die begin van die vierde toets om die As teen Australië op Old Trafford in Manchester. Die tuisspan moet wen om die reeks te  red en het gekies om eerste te boul. Die Aussies het met uitskeityd op 299 vir agt gestaan. Mitchell Marsh het die beste telling van 51 behaal, terwyl Chris Woakes vier paaltjies laat kantel het en Stuart Broad twee. Broad het ook die mylpaal van 600 toetspaaltjies bereik.