Krieket: Bangladesj klop Engeland met ses paaltjies

Krieket: Bangladesj het Engeland met ses paaltjies geklop aan die begin van die T20-reeks van drie wedstryde. Die besoekers is in Chattogram tot 156 vir ses beperk met die kaptein, Jos Buttler, se 67 die hoogste telling. Al vyf Bangladesj se boulers het paaltjies geneem. Die gasheer het daarop die wenteiken bereik met nog twee boulbeurte oor en vier paaltjies plat, met Najmul Hossain Shanto se 51 die hoogste individuele telling. Die tweede T20 vind Sondag in Mirpur plaas. Engeland het die eendagreeks 2-1 gewen.