Krieket: Aussies speel teen Pakistan plek in eindstryd

Twee voormalige kampioene, Australië en Pakistan, spook vandag sake uit vir ‘n plek in Sondag se eindstryd van die Onder-19 Wêreldbekertoernooi. Die wenner sal te staan kom teen die vyfmalige kampioen, Indië, wat plaaslike harte Dinsdag gebreek het toe hulle die jong Proteas geklop het in die eerste halfeindstryd in Benoni aan die Gautengse Oos-Rand. Australië het die toernooi reeds drie keer gewen en Pakistan een keer en het in twee eindstryde die aftog geblaas. Vandag se wedstryd asook die eindstryd word ook op Willowmoorepark gespeel.