Krieket: Aussies Smith en Starc beseer
Krieket: Die Australiese kolwer, Steve Smith en die snelbouler Mitchell Starc sal weens beserings nie aan die komende witbaltoernooi in Suid-Afrika deelneem nie. Smith het ‘n gewrigsbesering, terwyl Starc steeds met ‘n liesbesering sukkel. Australië sal drie internasionale eendagwedstryde en vyf T20-kragmetings in Suid-Afrika speel. Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne sal Smith in die span vervang. Die eerste kragmeting is ‘n T20- wedstryd op 30 Augustus in Durban.