Kremlin wil nie kommentaar lewer oor muitery-poging

Die woordvoerder van die Kremlin, Dimitri Peskov wou nie kommentaar lewer op vrae oor waarom die mislukte muitery-poging byna twee weke gelede nie deur die FSB-veiligheidsdiens voorkom is nie. Peskov het in reaksie op dié vrae geantwoord dat die samelewing en die gewapende magte hulle agter die Russiese President Vladimir Putin geskaar het. Hy hou vol dat alle veiligheidsdienste en regeringsagentskappe na behore funksioneer. Peskov wou ook nie reageer toe hy gevra is waarom staatsgeld gebruik is om die Wagner-huursoldaat-groep te finansier wat die muitery-poging gelei het nie.