Kremlin verwerp sprake van wapenstilstand
Die Kremlin het sprake van ‘n wapenstilstand in Oekraïne verwerp en sê om die oorlog nou te stop, sal nie help om Rusland se doelwitte te behaal nie. Moskou het gereageer na die President van Belarus, Alexander Luksashenko, wat Rusland se naaste bondgenoot is, ‘n beroep vir vrede gedoen het. Die Russiese President Vladimir Putin ontmoet Lukashenko volgende week, wanneer hulle sy uitsprake sal bespreek. Lukashenko het gesê daar moet ‘n onmiddellike wapenstilstand sonder enige voorwaardes wees, en Moskou én Kiëf moet met onderhandelings vir blywende vrede begin.