Kremlin sê Duitse weermag beplan aanval…
Die Kremlin sê ‘n beweerde opname van Duitse militêre besprekings toon dat Duitsland se gewapende magte planne bespreek om aanvalle op Russiese grondgebiede te loods. Die opname self sê dat binne die Bundeswehr daar planne is om aanvalle teen Rusland te loods en Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, sê dit is belangrik om te bepaal of die weermag dit self bespreek en of dit op opdrag van die kanselier Olaf Scholz is. Duitsland sê op sy beurt Rusland is besig met ‘n propaganda-oorlog.