Kredietverlening vertoon eintlik goed vir toerisme

Privaatsektor kredietverlening vir April is steeds in die nuus. Dit het ‘n matige groei van 1,6 persent op ‘n jaargrondslag getoon. Volgens Simonis Storm, wat ‘n ontleding gedoen het, het afbetalingskrediet en huurlenings met 26,5 persent op ‘n jaargrondslag gegroei, aangedryf deur veral toerisme en voertuigaankope in die sektor. Ander kategorieë het gekrimp met huislenings wat met 2,1 persent ook op ‘n jaargrondslag gekrimp het en oortrokke fasiliteite wat met 16 persent gedaal het.