Kredietverlening sal toeneem soos druk op huishoudings groei

Privaat sektor kredietverlening syfers vir Maart is op 2,1 persent op ’n jaargrondslag gemeet, ’n verlangsaming vanaf die 2,7 persent en 2,8 persent wat onderskeidelik in Januarie en Februarie aangemeld is. Ontleders meen huishoudings staar uitdagende omgewing in die gesig aangesien stygende uitgawes en koste bydra tot begrotingsdruk. Simonis Storm in die hoofstad sê kredietverlening in die private sektor sal rondom ‘n gemiddeld van 2,9 persent in 2022 vertoon, vergeleke met 2,4 persent verlede jaar. Die firma sê hy verwag nog ‘n verhoging van 75 basispunte in die repokoers vanjaar wat die prima koers van 8 tot tot 8.75 persent sal verhoog. Huishoudings se begrotings word steeds uitgedaag deur stygende skuldterugbetalings in die lig van stygende brandstof- en voedselpryse.