Krediet sal gedemp bly met hoë rentekoerse
Kredietverlening in die privaatsektor het in September vir die derde agtereenvolgende maand gestyg na 3 persent, deels weens laer rentekoerse. In Augustus was die groei 2,1 persent. Besigheidskrediet het met 3,3 persent gestyg en huishoudelike kredietverlening met 2,9 persent, die hoogste groei sedert die begin van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm, oor die vooruitsigte vorentoe.