Krane bly oop in die noordweste

NamWater sê in ‘n verklaring daar is geen waarheid aan gerugte dat daar binnekort ‘n reuse-onderbreking in die Cuvelai-gebied, in noordwes Namibië sal voorkom. Die inligting is wyd versprei en het paniek veroorsaak. Die maatskappy sê daar is geen tekort aan watervoorsiening na verbruikers in die gebied nie en daar is ook geen planne vir ‘n onderbreking nie. Hy sê enige navrae kan direk aan hom gerig word. Hy herinner kliënte dat hy deursigtig is met sy kommunikasie aan die publiek.