Kragvoorsiening mag nie geprivatiseer word nie

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het teenstand uitgespreek teen die vermeende privatisering van energievoorsiening te midde van hervormings in die energiesektor. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê terwyl Eskom direkte privatisering ontken, voer die vakbond aan hervormings kan tot privaat eienaarskap van energieproduksie lei. Hy het Saftu se toewyding tot ‘n openbare benadering tot die energiekrisis benadruk, en sê die federasie beywer hom vir Eskom se herlewing en belegging in hernubare energie: