Kragtariewe is ‘n verkiesingsfoefie

Die opheffing van die verhoging in kragtariewe word as ‘n verkiesingsfoefie beskryf. Die Elektrisiteitsbeheerraad het Woensdagaand aangekondig 365 miljoen Namibiese dollar is bekom om die tariewe te subsidieer. McHenry Venaani, hoof van die PDM sê die regering het ‘n reddingsboei uitgegooi maar, dit is nie volhoubaar nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.