Kragtariewe die week bekend

Die Elektrisiteitsbeheerraad het al sy openbare vergaderings oor tariefverhogings voltooi. Al die kragverspreiders wil verhogings hê, terwyl huishoudings reeds te erge ekonomiese druk ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Elektrisiteitsbeheerraad, Ferdinand Molale, wat sê dat die nuwe tariewe vandeesweek aangekondig sal word.