Kragmeters sal blokkeer word as jy skuld het, sê Stad Windhoek

Stad Windhoek het vanoggend die media toegespreek oor verskeie kwessies wat uitstaande skuld insluit. Die burgemeester Queen Kamati sê die Stad sal voortgaan om voorafbetaalde kragmeters af te sny vir uitstaande skuld in verband met dienste en belasting.

Sy het ook afwykings in die rekeningstelsels bespreek en sê die foute word aangespreek.