Kragkrisis is SA se grootste post-apartheid uitdaging
Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, sê die nasionale energiekrisis is steeds die enkele grootste eksistensiële uitdaging in post-apartheid Suid-Afrika. Die minister sê daar word beraam dat meer as 390 miljard Suid-Afrikaanse rand oor die volgende dekade nodig sal wees om in die vraag na netwerkkapasiteit te voorsien, grootliks weens die toename in opwekkingskapasiteit. Ramokgopa sê hy was nog altyd oortuig dat die Kusile-kragstasie in Mpumalanga die strewe na opwekkingskapasiteit sal vervul: