Krag uit afval: Stad Whk verduidelik uitdagings

Stad Windhoek se departement van elektrisiteit het in die verlede plaaslike maatskappye deur ‘n nasionale tenderproses genooi vir ‘n konsultasie vir afval-tot-energie-haalbaarheidstudies. Hierdie pogings was twee keer onsuksesvol weens ‘n gebrek aan plaaslike kundiges. Die departement het ook probeer om dit te laat doen met behulp van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sonder sukses. Die werk sal deur die Smart City Sweedse Navorsingsinstituut gedoen word, wat 33 persent van die koste tot die studie sal bydra. Die totale koste van die konsultasiefooie beloop meer as 4 miljoen Namibiese dollar. Die skakelbeampte van Stad Windhoek, Lydia Amutenya sê dit is van die besware wat tydens die raadsvergadering gemaak is.