Krag onderbreek in Kavango-Oos en -Wes
Inwoners van die Kavango-Oos- en Wes-streke moet hulle regmaak om komende Sondag geen krag te hê nie. NamPower het ‘n geskeduleerde kragonderbreking tussen 7-uur Sondagoggend en 7-uur die aand aangekondig om ‘n nuwe transformator by die Rundu substasie aan te sluit en te aktiveer. Okahandja se krag sal ook op Sondag, 3 Desember onderbreek word tussen 7-uur die oggend en 6-uur die aand, vir noodsaaklike instandhouding. NamPower waarsku dat alle kraglyne en elektriese punte as lewendig hanteer moet word, aangesien kragtoevoer sonder vooraf kennisgewing herstel kan word.