Koue weer op pad die naweekJuly 7, 2023

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n aantal weerwaarskuwings vir die Wes-Kaap en ander dele van die land uitgereik, te midde van nog ‘n koue front wat binne die volgende paar dae verwag word. Die koue front sal vanaand langs die suidwestelike kus aanland, wat vanmiddag verspreide tot geïsoleerde buie oor die westelike dele van die Wes-Kaap sal meebring. Die weerkundige, Lehlohonolo Thobela, sê baie koue, nat en winderige toestande kan ook die naweek oor die noordelike dele van die Noord-Kaap en Oos-Kaap verwag word. 

Die Suide van Namibië sal ook geraak word met koue toestande wat later oor die sentrale dele sal in beweeg.