Kostebewaringsbevel is belaglik – Metcalfe

Vyf Swapo-lede dagvaar die party om ‘n kongres te hou na president Hage Geingob se dood, om ‘n partypresident te kies. Swapo het egter teruggekap en ‘n koste-bewaringsbevel aangevra teen die lede. Dit is sodat hulle moet bewys dat hulle genoeg geld het om regskostes te betaal indien hulle die saak verloor. Swapo voer aan dat van die lede reeds om finansiële hulp moes vra na hulle ander hofsake verloor het. Dit wil egter voorkom asof Swapo probeer verhoed dat daar ‘n kongres gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat die vyf applikante verteenwoordig. Hy sê die Swapo-prokureurs wend ‘n desperate poging aan om litigasie te keer.