Koste van oorplaatjies styg 

Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkte Raad, voorheen die Vleisraad het ’n verhoging in die prys van oorplaatjies aangekondig. Die raad sê dit is die eerste keer in agt jaar wat die prys verhoog word en as gevolg van stygings in vervoer- en produksie kostes, is dit genoodsaak. Standaard bees-oorplaatjies sal 24 Namibiese dollar ‘n stel kos met die groter plaatjies wat 27 dollar sal kos. Standaard bees oorplaatjies vir die beskermende en besmette sones kos ook 24 dollar ‘n stel. Oorplaatjies vir skaap styg na 4 dollar 85 ‘n stel. Die nuwe pryse tree op 1 Februarie in werking.