Koste van Britse Rwanda-plan bly geheim

Die Verenigde Koninkryk se regerende Konserwatiewe Party het ‘n stryd gewen om die koste van ‘n deportasie-ooreenkoms met Rwanda geheim te hou, terwyl die Arbeidersparty daarop aandring dat dit meer as 9,4 miljard Namibiese dollar kan wees. Die Arbeidersparty het ‘n mosie ter tafel gelê wat vra vir deursigtigheid, sodat alle papierwerk en die koste van die skema bekend gemaak kan word. Die poging om die besonderhede bekend te maak, soos die presiese aansporings vir Rwanda, het platgeval nadat parlementslede met 304 teen 228 teen die Arbeiders-mosie gestem het.