Kospryse styg weer, NSA sê inflasie is af

Die inflasiesyfer vir September het op 3,4 persent ingekom, af vanaf 4,4 persent in Augustus. Die jaarlikse prysstygings in voedsel is ook bekend gemaak. Vrugte is op met 11,8 persent terwyl koffie en tee, 10,8 persent duurder is. Suiker en verwante produkte is 6,6 persent duurder en so ook suiwel en eiers. Groente het jou 6,4 persent meer uit die sak gejaag met vleis wat 5,2 persent op is. Brood en grane is 4,1 persent duurder en olies en vetter, 3,4 persent. Vis is met 0,1 persent op.