Kosmos 94.1 se Ruimtefoto van die week

Kyk na die nuwe skatkis van beelde geneem deur NASA/ESA/CSA se James Webb-ruimteteleskoop. Dit vertoon infrarooi portrette van 19 spiraalsterrestelsels. Hierdie nuwe stel pragtige beelde wys sterre, gas en stof op die kleinste skale wat nog ooit buite ons eie sterrestelsel waargeneem is. Spanne navorsers bestudeer hierdie beelde om die oorsprong van hierdie ingewikkelde strukture te ontbloot. Die Webb-beelde is deel van ‘n groot, langdurige projek, genaamd die “Physics at High Angular resolution in Nearby GalaxieS (PHANGS)” program, wat deur meer as 150 sterrekundiges wêreldwyd ondersteun word.

Foto verskaf: NASA, ESA, CSA, STScI, J. Lee (STScI), T. Williams (Oxford), PHANGS Team, E. Wheatley (STScI)