Kosmos 94.1 help kinders aan die kus feesvier

Die Kosmos 94.1-liefdadigheidsdagprojek in samewerking met die Swakopmundse liefdadigheidsorganisasie, Connect People to People, skop vandag af. Die Swakopmund-munisipaliteit sal ook deel wees van die buitelug-aktiwiteit spilpunt. Sewentig benadeelde kinders sal deel wees van die dag. Kosmos 94.1 Nuus het met Dave Hammond van Connect People to People gepraat om meer van die dag vol pret uit te vind.