Korter ure vir drankverkope het impak op openbare veiligheid

‘n Studie deur die Universiteit van Kaapstad se navorsingseenheid oor die ekonomie van aksynsbelastingdraende produkte, het bevind die verkorting van die verhandelingstye by alkohol-afsetpunte kan ‘n positiewe uitwerking hê op openbare veiligheid. ‘n Navorsingsbeampte, Samantha Filby, sê hulle navorsing fokus op die uitken van strategieë om alkoholverwante misdade in die Wes-Kaap te verminder. Volgens Filby kan beleidsmaatreëls, soos die vermindering van alkoholadvertensies en die implementering van minimum pryse, bydra om alkoholverbruik aan te spreek, gesondheidsuitkomste te verbeter en misdaad te verminder: