Korrupsieklagte teen Zizi Kodwa teruggetrek

Aanklagte van bedrog en korrupsie teen die voormalige minister van Sport, Zizi Kodwa, en die voormalige direkteur van die firma EOH, Jehan Mackay, is na vertoë van albei beskuldigdes teruggetrek. Die staat het die besluit van die Direkteur van Openbare Vervolging in die landdroshof op Palm Ridge bekendgemaak. Kodwa, wat vroeër daarvan beskuldig is dat hy omkoopgeld van 1,6-miljoen Suid-Afrikaanse rand van Mackay aanvaar het, sê hy is van blaam gesuiwer. Hy sal weer sy posisie in die ANC inneem.