Korrupsie in ANC-tenderstelsel moet waai

Die leier van die ACDP Kenneth Meshoe vra dat korrupsie in die tenderstelsel uitgeroei word. Hy het ondersteuners toegespreek aan die einde van ‘n veldtog in Empangeni, KwaZulu-Natal, en gesê die stelsel bevoordeel ‘n paar mense en veroorsaak infrastruktuur-agteruitgang. Meshoe sê hy sal dienslewering desentraliseer en munisipaliteite bemagtig, Hy vra ook die repatriasie van onwettige immigrante, en sê grense moet versterk word: