Korrupsie by SAL lees soos gruwelverhaal

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag aan die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens lees soos ʼn gruwelverhaal. Die ondersoekeenheid het bekend gemaak hy het 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand teruggekry en nog 3,4miljard rand geïdentifiseer wat terugbetaal moet word deur maatskappye en individue wat onregmatig kontrakte van SAL ontvang het. Stefanie Fick van Outa sê die ondersoekeenheid se verslag ontbloot die skrikwekkende besonderhede van staatskaping en grootskaalse korrupsie by SAL: