Korrektiewe Dienste-plaas ly groot skade

Die Namibiese Korrektiewe Dienste  sê 167 hektaar mielieland is vroeg vandeesmaand deur ‘n reën- en windstorm by sy Divundu-sentrum vernietig. Volgens die NKV-kommissaris-generaal, Raphael Hamunyela, het die plaas 50mm reën gekry, met ‘n sterk wind wat deur die gebied gewoed het en verwoesting op die infrastruktuur en oeste gesaai het. Sewe gebiede van 166,7 hektaar mielies wat in April gestroop sou word, is beskadig. Slegs 80,55 hektaar kan geoes word. Hy beskryf dit as ‘n groot slag vir landboubedrywighede en rehabilitasieprogramme.