Korrektiewe Dienste-dag op Omaruru herdenk

Die Namibiese Korrektiewe Diens sal op 20 Julie Korrektiewe Dienste-dag by die Lucius Sumbwanyambe Mahoto Korrektiewe Diens-opleidingskollege op Omaruru gedenk. Vyf hoofde van korrektiewe en gevangenisdienste van Botswana, Eswatini, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe sal ook die geleentheid bywoon. Volgens Raphael Hamunyela, die diens se kommissaris-generaal, sal visepresident Nangolo Mbumba die eregas by die geleentheid wees. Hy sal deur dr. Albert Kawana, minister van veiligheid en sekuriteit, vergesel word.