Korrektiewe dienste besluit nog of Zuma moet terug tronk toe
Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, sê korrektiewe dienste se nasionale kommissaris, Samuel Thobakgale, beraadslaag tans met regsadviseurs om te bepaal of oudpresident Jacob Zuma moet terugkeer tronk toe. Die Konstitusionele Hof het ‘n appèl teen ‘n Appèlhof-beslissing verwerp dat Zuma se vrylating op mediese parool onregmatig was. Lamola sê Thobakgale moet tyd en ruimte gegun word om te besluit of Zuma moet terugkeer tronk toe of nie.