Korrektiewe dienste behaal sukses met herintegrasie-program

Vir baie oud-oortreders is die oorgang uit die tronk terug na die samelewing vol struikelblokke soos werksdiskriminasie en maatskaplike stigma, terwyl die gebrek aan ‘n ondersteuningstelsel herintegrasie uitdagend kan maak. In 2023 het Namibië se korrektiewe fasiliteite egter ‘n rekord-hoë herintegrasie van gevangenes in die samelewing aangeteken. Negentig persent van oortreders het hul voorwaardelike vrylating met gemeenskapsdiens suksesvol voltooi, het die binnelandse sake-adjunkminister, Lucia Witbooi, op ‘n inligtingsessie gesê.