Korrektiewe Diens brei voedselproduksie uit

Die Namibiese Korrektiewe Diens en die Hoë Kommissariaat van Maleisië het ‘n pluimveeprojek by die Hardap-korrektiewe fasiliteit ingehuldig. Die diens vorder uiters goed met voedselproduksie en het verskeie aanlegte regoor die land by sy instansies. Die diens het akkerbouprojekte en boer ook met bees, vark en nou pluimvee. Volgens adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange sal gevangenes verder by konstruktiewe aktiwiteite betrek word. Hulle sal vaardighede aanleer en die projek sal hoendervleis en eiers vir verbruik verskaf, wat hul dieet sal verbeter. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.