Koreaanse polisiebeampte wat oor vetrapping ondersoek word, dood gevind

’n Suid-Koreaanse polisiebeampte wat ondersoek word in verband met die Halloween-vertrapping waarin 156 mense in Seoel dood is, is vandag dood aangetref. Die 55-jarige, wat slegs deur sy van Jeong geïdentifiseer word, is dood gevind by sy huis in Seoel. Jeong, ‘n intelligensiebeampte, het vir die polisiestasie gewerk wat toesig hou het oor die Itaewon-distrik, ‘n vermaaklikheidsgebied in die Suid-Koreaanse hoofstad waar die ramp plaasgevind het. Sy kantoor – die Yongsan-polisiestasie – is een van die teikens van ‘n groot ondersoek na die ramp, insluitend mislukte skarebeheerpogings.