Koran-verbranding noodsaak stappe in Swede
Swede het sy terreurbedreigingsvlak tot vier op ‘n skaal van vyf verhoog, na verskeie voorvalle waarin die Koran verbrand is. Dit is die eerste keer sedert 2016 dat die land sy bedreigingsvlak na vier opskuif. Die direkteur-generaal van die Sweedse Sekerheidsdiens, Charlotte von Essen, sê die situasie het hierdie jaar geleidelik versleg, en die land het van ‘n geldige na ‘n prioriteitsteiken vir Islamitiese ekstremiste verander. Sy sê die verandering in terreurvlak is ‘n strategiese en langtermyn-aanpassing.