Kora-sage ter ruste gelê, Adjovi moet betaal

Die sage van die Kora-musiektoekennings is uiteindelik verby. Telecom Mundial Sarl en Ernest Adjovi het die appèlsaak in die hooggeregshof verloor. Die drie regters op die bank, regters Sylvester Mainga, Theo Frank en Dave Smuts het die uitspraak vanoggend gelewer. Dus moet Mundial 23,5 miljoen Namibiese dollar, 20 persent rente per jaar sedert 2016, en die regskoste van die Namibiese Toerismeraad betaal. Die sage sloer sedert die mislukte Kora-toekennings wat plaaslik in Maart 2016 gehou sou word. Die toerismeraad het die geld oorbetaal vir die bemarking van Namibië maar die toekennings het nooit plaasgevind nie.