Kopskoot in ekstra tyd wen Carabao-beker vir Liverpool

Sokker: Liverpool het Chelsea met een-nul verslaan om hulle tiende Carabao-beker by Wembley te wen en daarmee hulle posisie as suksesvolste span in die geskiedenis van die kompetisie vergroot. Virgil van Dijk se kopskoot in die 118de minuut het die oorwinning vir Jurgen Klopp se span in sy laaste seisoen verseker. Maar Chelsea se bestuurder, Mauricio Pochettino, sal nou nog langer moet wag vir sy eerste trofee in Engeland. Klopp sê sy span was uitsonderlik, veral die jong akademiespelers.