Koperkabel ter waarde van N$217 350 gesteel

Die Namibiese polisie op Walvisbaai bevestig die diefstal van koperkabels wat by NamWater se sender gesteel is. Volgens die mag is die kabel ongeveer ‘n kilometer lank en die koper het ‘n waarde van 217 350 Namibiese dollar. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur en die impak op watervoorsiening in die gebied is onbekend. Intussen sal ‘n 43-jarige vrou van die Onesi-kiesafdeling in Omusati vandag in die hof verskyn. Die polisie sê ‘n ondersoek is voltooi nadat sy in November 2021 haar drie klein kinders alleen by die huis gelos het. Een van die kinders, 11 maande oud het in ‘n 25-liter emmer, waar mahangu-saad in water geweek het, verdrink. Sy word ingevolge die Kindersbeskermingswet aangekla.