Koopbewys-program vir droogtehulp skop af

Nadat die Japannese regering 9 miljoen Namibiese dollar geskenk het vir droogtehulp, het die Verenigde Nasies se Wêreld Voedsel Program ‘n kommoditeitskoopbewys-program begin. Die program is by die Okauva-nedersetting in die Ohangwena-streek geloods. Volgens die verklaring is die program vir 27 000 kwesbare mense in die Ohangwena- en Kunene-streke. Die WVP se adjunk-streekdirekteur in Namibië, Ericah Shafudah, het die getal van begunstigdes so uitgelê.