Kontrakboerdery voordelig vir almal
Boere in Ghana het begin met kontrakboerdery om die uitwerking van klimaatsverandering te bekamp. Met kontrakboerdery kweek boere hulle gewasse volgens ooreenkomste met kopers, wat ook hulpbronne en gewaarborgde markte voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, tegniese adviseur van Agribank wat spesialiseer in gewasse en pluimvee, oor of kontrakboerdery in Namibië kan werk. Saisai sê die tipe boerdery het vele voordele, en beskerm beide die produseerders en die kopers.