Kontant vir Krag werk baie goed in die Kaap

Die Stad Kaapstad sê sake-ondernemings en huishoudings het sedert die 2022/23-boekjaar meer as 25,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand uit sy Kontant vir Krag-program ontvang. Dit volg nadat die stad kleinskaalse kragprodusente se oorskot-sonkrag vir kontant of krediete op hul munisipale rekening begin aankoop het. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê 1 461 kragverkopers het sedert die begin van die maand af by die kragskema baat gevind as deel van die stad se plan om uiteindelik geen beurtkrag meer te hê nie: